top of page

MAP – MY ASKSIE PLAN​

​

Almal van ons kan nader aan Jesus groei in ons verhouding met Hom. Inteendeel, dit is TD Kerk se definisie van geestelike groei: hoe naby ek aan Jesus leef. Maar almal is nie op dieselfde plek in hul geestelike reis nie. Daarom het ons ‘n hulpmiddel ontwikkel om jou te help onderskei waar jy is en hoe om nader aan Jesus te groei. Afhangende van waar jy trek in jou geestelike reis, sal sommige dinge meer relevant vir jou wees as ander. Ons noem dit “My Aksie Plan” of MAP. Ons help mense deur fases met kleure te koppel.

 

Hier is jou MAP:

​

(Identifiseer eers in watter fase jy jouself bevind en dan kyk jy wat is relevante aksies vir daardie kleur)

Geel: Jy ondersoek geestelikheid of Christenskap

​

Jy is heel waarskynlik in geel indien:

​

  1. Jy nog geestelikheid of Christenskap ondersoek of jy is ‘n nuwe Christen, of

  2. Die TD Kerk manier van Christen-wees is nog vir jou vreemd, of

  3. Jy ‘n Christen is wat teruggeval het en onseker is oor jou verhouding met Jesus.

​

As jy voel jy pas in geel , kyk hieronder by geel vir voorstelle vir jou, OF lees gerus die res van MAP.

Blou: Leer Jesus ken

​

Jy is heel waarskynlik in blou indien:

​

  1. Jy ‘n gereelde besoeker is van ‘n kerklike aktiwiteite (soos TD Fees-dienste), MAAR

  2. jy nog onbetrokke is by enige ander aktiwiteite van die gemeente, en/of

  3. jy nog nuut is tot Christenskap, en/of

  4. jy nuut is tot TD Kerk se manier van Christen-wees, en/of

  5. jy nog nie wedergebore is nie, en/of

  6. jy nie die doop in water na bekering ondergaan het nie

​

As jy voel jy pas in blou, kyk hieronder by blou vir voorstelle vir jou, OF lees gerus die res van MAP.

Rooi: Groei in Jesus

​

Jy is heel waarskynlik in rooi indien:

​

  1. Jy wedergebore is en gedoop is na jou bekering, en

  2. Jy ‘n vennoot is van TD Kerk, en

  3. Jy begin het om te groei in jou verhouding met Jesus, en

  4. Jy betrokke is in ‘n PLUGG-groep of om te dien in die gemeente in ‘n bediening

​

As jy voel jy pas in rooi, kyk hieronder by rooi vir voorstelle vir jou, OF lees gerus die res van MAP.

Groen: Naby Jesus

​

Jy is heel waarskynlik in groen indien:

​

  1. Jy lewe naby aan Jesus, en

  2. Jy ken Bybelse waarhede en leef daarvolgens, en

  3. Jy ‘n vennoot is van TD Kerk, en

  4. Jy gebruik jou gawes en talente om die Koninkryk van God binne en buite die gemeente te dien, en

  5. Jy graag uitreik na ongelowiges en getuig van Jesus.

​

As jy voel jy pas in groen, kyk hieronder by groen vir voorstelle vir jou, OF lees gerus die res van MAP.

Pers: Jesus is die middelpunt van my lewe

​

Jy is heel waarskynlik in pers indien:

​

  1. Jesus sentraal is tot jou lewe, en

  2. Jy al ‘n lang pad met God stap, en

  3. Jy verantwoordelikheid opneem om dissipels te maak, en

  4. Jy is betrokke in ‘n bediening binne TD Kerk of in die gemeenskap, of

  5. Jy die leier is van ‘n bediening binne TD kerk of in die gemeenskap.

About

KON JY JOUSELF SIEN IN EEN VAN DIE FASES? OF DALK ASPEKTE IN EEN OF MEER?

 

Hier is voorstelle wat jou sal help groei in jou onderskeie fases van geestelike groei.

As jy Geel is:

​

  1. Woon ons feesdienste by.

  2. Woon een van ons Alpha geleenthede by. Dit is ‘n 8-week kursus waar ons geloof en geestelike dinge ondersoek. (kalender)

  3. Sien ‘n pastorale spanlid of leier in TD Kerk om oor jou lewe te gesels (kontak ons)

  4. Indien jy ‘n tiener is skakel in by Muurprop of as jy in die laerskool is skakel in by Stars (of Transfomers vir Gr.6 + 7s). (kontak ons)

  5. Begin Bybel lees. Begin eerste regdeur die Nuwe Testament lees.

  6. Begin bid (lees gerus Matt 6:5-15).

  7. As jy wil hê ons moet jou kontak, vul asb. een van die kontakvorms in op ons webtuiste. Ons wil baie graag van jou hoor!

​

As jy Blou is:

​

  1. Maak gerus ‘n afspraak met ‘n pastorale spanlid om oor jou geestelike lewe te gesels (kontak ons)

  2. Lees Bybel – veral die Nuwe Testament!

  3. Woon ons LAUNCH by vir basiese geestelike-insette en/of om ‘n vennoot van TD Kerk te word (kalender).

  4. Woon ‘n Fondasiekursus by (kalender)

  5. Kontak ons om met ons te praat oor die doop (kontak ons).

  6. Hou aan om ons feesdienste op Sondae by te woon.

  7. Indien jy ‘n tiener is, skakel in by Muurprop. Indien jy ‘n laerskoolkind is, skakel in by ons Stars (of Transformers vir Gr 7s). (kontak ons)

​

As jy Rooi is:

​

  1. Lees gereeld Bybel – veral die Nuwe Testament. Gebruik die YouVersion-toep vir leesplanne.

  2. Skakel in by een van TD Kerk se PLUGG-groepe (kontak ons)

  3. Woon ‘n bidderskursus by (kalender)

  4. Raak betrokke by een van die bedieninge in TD Kerk (kyk op tuisblad of kontak ons)

  5. Skakel in by een van ons Woordskole/kursusse of vele kort kursusse (kalender).

  6. Indien jy ‘n tiener is, skakel in by Muurprop. Indien jy ‘n laerskoolkind is, skakel in by ons Stars (of Transformers vir Gr.6+7s) op Sondae.

  7. OF Praat met ons bedienigsleier

​

As jy Groen is:

​

  1. Lees deur die hele Bybel. Gebruik hulpbronne om die Bybel beter te verstaan (hulpbronne)

  2. Woon ‘n bidders- of vertellerskursus by (kalender)

  3. Skryf in vir Raising City Changers (RCC) proses (kontak ons)

  4. Doen ‘n groepleierskursus (Inligting by bedieningsleier)

  5. Begin ‘n PLUGG-groep (kontak ons)

  6. Raak betrokke by een van ons vele bedieninge

  7. Raakbetrokke by ‘n Xperia-punt of gaan op ‘n uitreik (kontak ons)

​

OF Praat met ons bedieningsleier

​

As jy Pers is:

​

  1. Neem ‘n leiersrol aan in ‘n bediening.

  2. Begin ‘n nuwe bediening binne TD Kerk of in die gemeenskap.

  3. Begin formeel of informeel om doelgerig met skere mense ‘n pad te stap en dissipels van hulle te maak.

  4. Leer ander mense in jou bedieningsveld om te doen wat jy doen.

  5. Skryf in vir ons Raising City Changers (RCC) proses (kontak visionêre leier)

  6. Indien jy belangstel, oorweeg meer formele teologiese opleiding (praat met ons om jou in die regte rigting te stuur, kontak ons visionêre leier).

​

OF Praat met ons bedieningsleier / visionêre leier.

Kontak Info

2 Dobbin St, New Park

Kimberley, 8301

Phone: (+27) 053 831 2345

Email: tddiamandstad@gmail.com

Bankrekening

Sosiale Media

FNB cheque

Acc no: 626 4589 1872

​

SWIFT code: FIRNZAJJ

  • Whatsapp
  • Facebook
  • Instagram
  • YouTube
  • LinkedIn
  • Spotify
  • Apple Music

Kontak ons

Word deel van ons familie.

bottom of page