top of page
About

“Connect” met ander

Ons het wonderlike kleingroepe waar die fokus op “behoort” en dien “mekaar” is. Ons noem dit PLUGG groepe. Vir tieners het ons ook ‘n tienerbediening genaamd Muurprop. Indien jy dit wil ondersoek om deel te word van so ‘n groep, kontak gerus ons bedieningsleier. Natuurlik is dit ook baie lekker om deel te word van ‘n bediening in die gemeente, waar verhoudinge ook gevorm word. Sien hieronder vir nog betrokke-raak opsies.

Groei en raak betrokke: sien MAP

Doop

Indien jy jou wil laat doop, kontak ons gerus. Ons sal graag met jou ‘n doopgesprek wil hou waar ons die basiese Bybelse waarhede van die sakrament met jou bespreek en praktiese reëlings verduidelik. By TD Kerk glo ons in die doop van die gelowige na bekering tot Jesus. Jy hoef nie ‘n vennoot (lidmaat) van TD Kerk te wees om gedoop te word nie, maar wel ‘n wedergebore Christen.  Kyk gerus wanneer ons volgende doopgeleentheid is (kalender).

Kinders inseën

Ons volg baie graag die voorbeeld van Jesus om kinders te seën (Markus 10:13-16). Enige kind, van enige afkoms en enige ouderdom is welkom om ingeseën te word by TD Kerk. Hulle (of die ouers) hoef glad nie vennote (lidmate) te wees nie. Kontak ons gerus om te hoor hoe dit werk en die praktiese reëlings daarvan. Kyk gerus wanneer is ons volgende inseëngeleentheid (kalender).

Praat met ‘n pastorale spanlid

Kontak ons bedieningsleier

Kontak Info

2 Dobbin St, New Park

Kimberley, 8301

Phone: (+27) 053 831 2345

Email: tddiamandstad@gmail.com

Bankrekening

Sosiale Media

FNB cheque

Acc no: 626 4589 1872

SWIFT code: FIRNZAJJ

  • Whatsapp
  • Facebook
  • Instagram
  • YouTube
  • LinkedIn
  • Spotify
  • Apple Music

Kontak ons

Word deel van ons familie.

bottom of page