Jongmense
Die volgende generasie is ongelooflik belangrik vir TD Kerk. Ons het iets vir almal van baba tot jong volwassenes.
Baba en peuters
Kom geniet ons fisiese dienste met uitstekende fasiliteite vir babas, klein peuters en jonger kleuters.
Ons “Die Dorpie” is ‘n fenomenale fasiliteit vir kinders tussen 1-4 jaar oud. Ouers kan hul kinders met gemoedsrus by die oppassers los. Terwyl jy jou kinders dophou deur die klankdigte glas, kan jy self die diens op die galery geniet.
Vir kinders onder 1 jaar, is daar ‘n aparte moederskamer. Daar is ook ‘n aparte borsvoedkamer.


Kleuters en kinders
STARS is ons kinderkerk wat gelyktydig met dienste gebeur. Kinders word bedien in ouderdomsverband met uitstekende materiaal en aanbidding op hul vlak. Natuurlik is daar baie pret geleenthede. Kyk gerus na STARS se sosiale media blad.

Gr. 6+7 Katkisasie
Spesifiek vir ons Gr.6 + 7 kinders, word Transformers aangebied. Dit is ‘n katkisasie waartydens hulle deur ‘n kurrikulum werk gebaseer op die boek
“Die Groot Storie”. Dit gee hulle ‘n goeie begrip van al die belangrikste karakters en gebeure in die Bybel, asook wat die Bybel is en hoe om dit te gebruik.


Tieners
Tieners kan hulself uitleef in Muurprop, ons tienerbediening. Muurprop het fisiese byeenkomste en betrokkenheid by verskeie hoërskole. Die fokus is op dissipelskap en deel dieselfde visie as die res van TD Kerk. Kontak Sheldy of kyk na Muurprop se sosiale media blaaie.



























