top of page
About

Gemeenskap betrokkenheid

Ons glo baie sterk daarin om ‘n positiewe verskil te maak in ons gemeenskap. Ons eerste linie in die gemeenskap is natuurlik ons vennote wat op talle maniere uitreik en geloof, hoop en liefde na die gemeenskap bring op allerhande wyses. Vind ook gerus meer uit van ons groter liggame en projekte hieronder.

TD Akademie

TD Akademie is ons skool op ons perseel vir “special needs” kinders, met spesialisering vir diegene op die outisme spektrum.

Ons visie is dat kinders met “PDD” uitdagings hul unieke skeppingsdoel sal bereik. Ons poog met die skool om ondersteuning en sosiale- en akademiese ontwikkeling vir kinders te bied wat sekere “PDD” uitdagings beleef om funksionele, verantwoordelike en bydraende volwassenes in die samelewing te word.

Volg ons gerus op Facebook of kontak ons kantoor by 053 8312345 om meer uit te vind. Natuurlik kan jy ons sommer kom besoek ook!

Kimberley Upliftment Project (KUP)​​

KUP is ‘n welsyn organisasie (NPC) wat Kimberley dien deur verskeie welsyn projekte, asook die koördinering van die

KUP Facebook blad

Helpende Hand​​

Ons eie binnehuise welsynsdepartement wat na ons behoeftige vennote omsien op talle maniere, asook die uitdeel van kospakkies. Helpende hand hou ook maandeliks uitreike na ouetehuise waar hulle met die oumense kuier en hulle bederf word met praktiese hulp soos naels en hare doen, asook bedien word met sang, Woord en gebed.

Xperia punte
Ons het verskeie Xperia punte deur die stad waar daar uitgereik word in die week na minder gegoede gebiede se mense. Hulle word bedien met kos, Woord en sang, gebed en berading. Ander praktiese hulp word ook verleen. (A.G.V COVID regulasies is ons Xperia punte by die provinsiale hospitaal, Beaconsfield en Kimberley middestad eers gesluit). Kontak ons vir meer info.

Kontak Info

2 Dobbin St, New Park

Kimberley, 8301

Phone: (+27) 053 831 2345

Email: tddiamandstad@gmail.com

Bankrekening

Sosiale Media

FNB cheque

Acc no: 626 4589 1872

SWIFT code: FIRNZAJJ

  • Whatsapp
  • Facebook
  • Instagram
  • YouTube
  • LinkedIn
  • Spotify
  • Apple Music

Kontak ons

Word deel van ons familie.

bottom of page